15 minute kan jou lewe red

‘n Jaarlikse mammogram en vroeë borskankerdiagnose kan ‘n groot verskil maak.

PRETORIA – Dit neem slegs 15 minute om jou vir borskanker te laat toets.

Oktober is Borskankerbewusmakingsmaand.

Dit is die algemeenste soort kanker onder Suid-Afrikaanse vroue, maar ook een van die behandelbaarstes – mits dit vroeg opgespoor word.