165 ton kos in vyf weke versprei

Agri SA vra boere, sakelui en die regering om hom te help om kos vir behoeftiges in te samel.

CENTURION - Agri SA doen 'n beroep op die landbougemeenskap en die regering om 'n miljard rand se kos aan hulpbehoewendes te verskaf.

Die organisasie het vyf weke gelede die Voedselhulpveldtog van stapel gestuur.

Dit nadat navorsers bevind het een uit elke vier Suid-Afrikaners het tydens die inperking nie toegang tot voldoende voedsel nie.

Source
eNuus