18-jarige behaal twee grade

Hjalmar Rall wil graag sy PhD oorsee behaal en dan 'n lektor word in die veld van kwantum inligtingsteorie.

STELLENBOSCH - ’n 18-jarige van Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap sê hy staan nie uit in sy fisika-meestersklas by die Universiteit Stellenbosch nie.

Die begaafde Hjalmar Rall is die jongste persoon wat twee grade aan die Universiteit van Pretoria behaal het.

Hy het op 14 jaar begin met sy BSc in fisika en het op 17 sy honneursgraad daarin behaal – en beide met lof geslaag.

Source
eNuus

Paid Content