“5G-tegnologie versprei nié Covid-19 nié!”

Vodacom en MTN sê navorsing het bewys dat 5G-tegnologie geen gevaar vir mense inhou nie, en dat dit beslis nie virusse versprei nie.

DURBAN Tegnologiekenners sê Suid-Afrikaners moet beter ingelig word oor 5G-tegnologie.

Dit nadat 'n samesweringsteorie dat 5G-torings tot die verspreiding van Covid-19 bydra, onlangs die ronde op sosiale media gedoen het.

Dit het daartoe gelei dat sommige van dié torings in KwaZulu-Natal gevandaliseer is.

Source
eNuus

Paid Content