63 pikkewyne blykbaar deur bye doodgesteek

Nadoodse ondersoeke is gedoen om vas te stel hoekom 63 pikkewyne dood aangetref is op 'n Kaapse strand.

KAAPSTAD - Die lyke van 63 pikkewyne is Vrydagoggend op die bekende Boulders-strand in Simonstad gevind.

Nadoodse ondersoeke wat deur die Suid-Afrikaanse stigting vir die bewaring van seevoëls uitgevoer is, toon dat die pikkewyne blykbaar deur 'n swerm bye aangeval is.

Afrika-pikkewyne is 'n bedreigde spesie en natuurbewaarders beskryf die voorval as 'n tragedie.

Source
eNuus

Paid Content