729 km staptog in 27 dae

Met dié staptog, wil Leilani Kuter ander vroue bemagtig om te praat oor hulle ervarings.

MULDERSDRIFT. 27 jaar nadat 'n vrou van Pretoria wreed verkrag is, het sy besluit om nie net daaroor te praat nie, maar ook 'n bewusmakingsveldtog van stapel te stuur.

Leilani Kuter het 'n staptog van 27 dae aangepak, waarmee sy elke dag 27 kilometer in verskillende dele van die land gaan aflê.

Nuusdag het haar in Muldersdrift op die agste dag van dié staptog voorgekeer.

Source
Nuusdag