Action Society dien klag in oor DNS-agterstand

Die huidige agterstand in die verwerking van DNS-bewyse, is volgens Action Society sowat 300 000.

PRETORIA - Die drukgroep Action Society sê die agterstand in die verwerking van DNS-bewyse gaan minstens drie jaar neem om in te haal.

Die groep het 'n klag oor dié kwessie by die openbare beskermer ingedien.

Hy versoek die OB om dringend ondersoek in te stel na die versuim om die agterstand voldoende te hanteer, asook die oneffektiewe bestuur van die rekenaarstelsel.

DNS-bewyse is deurslaggewend in talle hofsake oor veral verkragting en geslagsgebaseerdegeweld.

Source
eNuus

Paid Content