AfriForum en Solidariteit verklaar oorlog, sê ANC

Solidariteit en AfriForum sleep die minister van Toerisme hof toe oor die bepalings van die departement se ekwiteitsfonds.

PRETORIA - Die riglyne vir uitbetalings uit die Toerismedepartement se ekwiteitsfonds is onregverdig.

So voer die vakbond Solidariteit en die drukgroep AfriForum in die Hooggeregshof in Pretoria aan.

Hulle daag die Toerismeminister voor die hof om die uitbetalings van R1,2-miljard stop te sit.

Die twee organisasies betwis die minister se besluit dat daar ’n minimum van 51 persent swart eienaarskap in ’n maatskappy moet wees om in aanmerking te kom vir ’n uitbetaling. 
 
 

Source
eNuus

Paid Content