AfriForum gee sy mening oor NVG

Die burgerregtegroep meen NVG is eenvoudig te duur en dat die privaat mediese sektor eerder gedereguleer moet word.

PARLEMENT - Die openbaredeelnameproses vir die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering is aan die gang.

AfriForum het Donderdag sy kommentaar by die parlement ingedien.

Volgens dié burgerregteorganisasie kan Suid-Afrika nie die bedrag wat vir NGV bewillig word, bekostig nie.

'n Kenner sê die wetsontwerp is te verwarrend en vaag vir indiepte kommentaar en dat die tesourie nog moet bepaal hoe nasionale gesondheidsorg befonds gaan word.

Source
eNuus