AfriForum oorweeg regsaksie oor ivermektien

Die middel is in Suid-Afrika slegs as 'n veemiddel geregistreer, en nie vir menslike gebruik goedgekeur nie.

DURBAN - Die drukgroep AfriForum oorweeg regsaksie om die verbod op die gebruik van ivermektien as behandeling vir Covid-19 te laat hersien.

Dié middel word al dekades lank teen parasitiese dieresiektes gebruik.

AfriForum wil hê dringende navorsing moet gedoen word om te bepaal of ivermektien doeltreffend gebruik kan word vir die voorkoming en behandeling van die coronavirus.

Source
eNuus

Paid Content