Agtjarige en “redder” vermis

‘n Ma van Athlone is rasend nadat haar dogtertjie in ‘n kanaal geval het.Image removed.

ATHLONE - Die storm wat tans in die Kaap woed, het binne die eerste 24 uur reeds twee slagoffers geëis.

Daar word steeds na die agtjarige Abida Paulse en die man wat haar probeer red het, Yusuf Kiroboto, in 'n kanaal in Athlone gesoek.

Swaar reënbuie en stormsterk wind het vanaf Donderdag regdeur die Wes-Kaap begin woed.

Die wind het verwoesting gesaai en reën het oorstromings in laagliggende gebiede veroorsaak.

Source
eNuus