Al hoe meer strikke in wildtuin gestel

Veldwagters in die Krugerwildtuin voer 'n daaglikse stryd om diere wat in strikke gevang word, te red.

KRUGERWILDTUIN - Die oorlog teen renosterstropers is nie Sanparke se enigste uitdaging in die Krugerwildtuin nie.

Hulle moet ook bontstaan weens strikke wat vir diere gestel word.

Veldwagters moet daagliks strikke verwyder of veeartse se hulp inroep om beseerde diere te red.

Boonop het dié vorm van stropery die afgelope twee jaar toegeneem.

Vanaf Julie tot September vanjaar het veldwagters net in die gebied rondom die Punda Maria-ruskamp sowat 600 strikke verwyder.

Source
eNuus

Paid Content