"Álles is nat”

Stortreën het verwoesting in die Kaapse Skiereiland gesaai.

MACASSAR - Honderde mense in die Kaapse Skiereiland is Saterdagoggend vroeg uit hulle huise gered nadat swaar reën oorstromings veroorsaak het.

Wonings in verskeie informele nedersettings het oorstroom.

Verskeie paaie was ook toe onder die water, veral in Vishoek en Houtbaai.

Teen laat Saterdagmiddag het watervlakke verder gestyg en stortreën kom steeds in groot dele van die Skiereiland voor.

Source
eNuus