Almal wou Mandela hoor praat

Cyril Rampahosa het 30 jaar gelede langs Nelson Mandela op die Kaapse stadsaal se balkon gestaan en die mikrofoon vir hom vasgehou.

KAAPSTAD  30 jaar gelede het oudpresident Nelson Mandela uit die destydse Victor Verster-gevangenis in die Paarl, as 'n vry man gestap.

Mandela het Suid-Afrika kort ná sy vrylating toegespreek vanaf die balkon van die Kaapstadse stadsaal.

Dié geskiedkundige geleentheid is Dinsdag in die Moederstad herdenk.

Source
eNuus