"Als moet herbou word”

Die Inkomstediens se voormalige ondersoekhoof sê dit gaan 'n leeftyd neem om die skade van staatskaping te herstel.

Die bevindings in die Zondo-kommissie se verslag dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens deur staatskapers geteiken is, is verwelkom deur oudwerknemers wat destyds uitgeskop is.

Voordat die voormalige kommissaris, Tom Moyane, en oudpresident Jacob Zuma ingemeng het, is die SAID onder die bestes ter wêreld gereken.

Volgens Johann van Loggerenberg, die Inkomstediens se voormalige ondersoekhoof en een van die slagoffers, sal dit dekades neem om die diens weer reg te ruk. 

Hy het aan eNuus gesê sy ondersoekeenheid was doeltreffend en dus 'n bedreiging vir baie mense wat hulle uit die pad wou hê.

Source
eNuus

Paid Content