Amahle Thabete se ma het nuwe hoop

Amahle Thabethe is vyf maande gelede in Tsakane ontvoer, maar nadat Amy’Leigh de Jager teruggevind is, het haar ma nuwe hoop.

TSAKANE - Die feit dat die sesjarige Amy'Leigh de Jager gevind is, gee 'n ander ma nuwe hoop.

Amahle Thabethe is vyf maande gelede in Tsakane aan die Gautengse Oos-Rand ontvoer.

Die polisie ondersoek die agtjarige se ontvoering nou op provinsiale vlak.

Volgens die Buro vir Vermiste Persone word 'n kind gemiddeld elke nege uur in Suid-Afrika as vermis aangemeld.

Source
eNuus