Amira bederf behoeftige kinders

Amira Willighagen het ‘n skenking van R80 000 aan Solidariteit Helpende Hand gemaak om behoeftige kinders spesiaal te laat voel.

Amira Willighagen, die jong Nederlandse sopraan wat die sesde seisoen van die talent-kompetisie "Holland’s Got Talent" in 2013 gewen het, het nie net 'n goue stem nie, maar ook 'n hart van goud.

Sy woon deesdae in Potchefstroom en het deur haar liefdadigheidsorganisasie, Gelukskinders, seker gemaak daar kan tydens die grendeltyd 'n glimlag op behoeftige kinders se gesigte wees.

Source
eNuus