Amy’Leigh ongedeerd tuis

Amy’Leigh se familie wil haar storie gebruik om bewustheid te skep oor geweld teen kinders.

VANDERBIJLPARK - Die familie van die dogtertjie wat buite haar skool in Vanderbijlpark ontvoer is, sê hulle ly steeds aan erge skok, maar is verlig dat sy lewend gevind is.

Die sesjarige Amy’Leigh de Jager is in die vroeë oggendure met haar familie herenig nadat sy langs die pad afgelaai is.

Source
eNuus