Andrea Venter-moordsaak: Eks-kêrel na 11 jaar skuldig bevind

Gerhard Jansen van Vuuren het Andrea Venter minstens 12 keer met 'n mes in haar bolyf gesteek en haar keel oopgesny, voordat hy ook sy eie keel oopgesny het.

KATLEHONG, EKURHULENI - Die volgende berig bevat besonderhede wat kykers kan ontstel.

Gerhard Jansen van Vuuren is skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade op Andrea Venter.

Hy het Venter, sy eks-meisie, in 2011 by haar woonstelkompleks in Johannesburg doodgesteek.

Jansen van Vuuren is ook tydens die sitting van die hooggeregshof by die Palm Ridge-landdroshof skuldig bevind aan die aanranding van 'n veiligheidswag by die kompleks.

Hy het voor sy verhoor in 2013 na Brasilië gevlug, maar is in 2020 daar vasgetrek en aan Suid-Afrika uitgelewer.

Source
eNuus

Paid Content