Andrea Venter se vemeende moordenaar verskyn in die hof

'n Pa wie se dogter nege jaar gelede vermoor is, is dankbaar geregtigheid gaan oplaas geskied.

PALM RIDGE-LANDDROSHOF - Geregtigheid kan uiteindelik vir sy dogter geskied.

Só sê die pa van Andrea Venter, wat nege jaar gelede wreed vermoor is, vermoedelik deur haar ekskêrel.

Gerhard Janse van Vuuren het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn sedert hy sewe jaar gelede na Brasilië gevlug het.

Hy het Vrydagmiddag op die O.R. Tambo-lughawe aangekom nadat Interpol hom in Junie vasgetrek het.

Source
eNuus