Baba uit gekaapte motor gegooi

’n Drama het Maandag in Kaapstad afgespeel toe motorkapers helder oordag met 'n sewe maande oue seuntjie weggejaag het.

KAAPSTAD - Die polisie in Kaapstad bestudeer kringtelevisiemateriaal en volg verskeie leidrade op na 'n dramatiese voertuigkaping in Observatory vanoggend.

Die verdagtes het weggejaag terwyl 'n sewe maande oue seuntjie in die motor was.

Die baba is na 'n soektog van twee uur opgespoor.

Hy is ongedeerd, selfs al het die kapers hom glo uit die bewegende voertuig gegooi terwyl hy nog in sy babasitplek was.

Source
eNuus

Paid Content