Ballet kry kreatiewe vlerke tydens inperking

Die Kaapstadse Balletgeselskap sou nou druk besig gewees het met repetisies vir Swanemeer wat die Kaapse Filharmoniese Orkes in Augustus saam met hulle sou opvoer. 

KAAPSTAD - Die Kaapstadse Balletgeselskap se jongste interpretasie van Tsjaikofski se Dans van die Swane uit Swanemeer beeld 'n balletdanser se unieke belewenis van inperking uit.

Die 40 dansers het elk hulle eie danspassies op die maat van die musiek opgeneem en die video’s is saam geredigeer.

Dit het al derduisende kyke op YouTube gekry en was 'n spesiale samewerking met die Kaapse Filharmoniese Orkes.

Source
eNuus