Bejaardes kwesbaarste vir virus

Individue en kleinhandelaars snel bejaardes in Kaapstad te hulp te midde van die virus-uitbreking.

KAAPSTAD - Bejaardes is baie kwesbaar vir die verspreiding van die corona-virus.

Daarom het die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, ouetehuise gevra om strenger maatreëls in te stel om hulle inwoners te beskerm.

Individue en kleinhandelaars in Kaapstad het ook ingespring om senior burgers op verskillende maniere te help.

Source
eNuus