Betraande gesondheidswerkers praat

Emosionele gesondheidswerkers praat oor die enorme druk wat hulle tydens die Coronavirus-pandemie ervaar.

KAAPSTAD - Gesondheidswerkers was nog nooit onder soveel druk soos tydens die Coronavirus-pandemie nie.

Die Ithemba-stigting se CrazySocks4Docs-veldtog moedig mense aan om elke jaar op 29 Mei bont sokkies te dra as bewusmaking vir die geestesgesondheid van mediese personeel.

Vanjaar is die sokkies 'n simbool van die publiek se dankbaarheid teenoor elke gesondheidswerker.

Source
eNuus