Blindes sê vervoerdienste weier soms gidshonde

Behalwe dat dit dikwels Christine Barnard se planne omver gooi, voel sy ook dis diskriminerend.

PRETORIA - Blinde mense ervaar dikwels uitdagings met app-gegronde vervoerdienste soos Uber omdat dié bestuurders nie hul gidshonde wil oplaai nie.

Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging sê die probleem bestaan al jare lank.

Baie vervoerdienste het opsies wat gerig is op mense met spesiale behoeftes, maar dit is nie geredelik beskikbaar nie.

Uber het aan eNuus gesê hy werk daaraan om die aanbod van dié diens te vergroot.

Source
eNuus

Paid Content