Boer maak 'n plan

Tshilidza Matshidzula se plaas ondersteun die plaaslike gemeenskap en lewer daagliks 17 000 liter melk.

ALEXANDRIA. Tshilidza Matshidzula, oftewel Chilli, is in 2016 as die Oos-Kaapse Jongboer van die Jaar aangewys.

Dié suiwelboer is in beheer van die Small Barnet Trust aan die buitewyke van Alexandria, naby Port Elizabeth.

Dit het onder sy leiding begin floreer. Die plaas, Little Barnet, het nou meer as 900 beeste, in vergelyking met net meer as 160 beeste 10 jaar gelede.

Nuusdag het by hom gaan kers opsteek oor die redes vir sy sukses.

Source
Nuusdag