Boere voed gemeenskap na geweld

Terwyl plaaslike kruidenierswinkels in die dorp toe of leeg was, is gratis melk voor huise gelaat, en vars produkte daagliks direk van die boere aan die inwoners op ’n sportveld verkoop.

Vragmotors kan weer die N3 vanuit Durban aandurf om onder meer voedsel na die res van Kwazulu-Natal en die land te vervoer.

Dit, na dae-lange betogings en plundery dele van Kwazulu-Natal lamgelê het.

Hoewel ’n korttermyn voedselnood in Durban, Pietermaritzburg en elders ontstaan het, sê AgriSA daar is genoeg kos in die provinsie. 

Die uitdaging is vernietigde infrastruktuur wat verspreiding na honger mense bemoeilik - asook ’n brandstoftekort.

Tonne bederfbare produkte is die afgelope week vermors.

Intussen het boere in een deel van die provinsie planne gemaak om hulle produkte te versprei en die bejaarde gemeenskap te voed.

Source
eNuus

Paid Content