Bootjies na Kammaland

Duisende toeriste moes hulle reisplanne aanpas nadat plesiervaarte weens stormsterk wind uitgestel moes word.

KAAPSTAD - 'n Stormsterk suidoostewind het die afgelope naweek verwoesting in Kaapstad gesaai.

Rukwinde van tot 130 km/h het verskeie skepe in Tafelbaai-hawe gehou, omdat die see te onstuimig was.

Een daarvan is 'n skip wat optiese veselkabels onder die see moet herstel om Suid-Afrika se internetspoed te verbeter.

'n Ander is die plesierboot MSC Orchestra met sowat 3 200 passasiers aan boord.

Passasiers op Bok Radio se bootjie na kammaland, se pret is egter nie deur die wind bederf nie.

Source
eNuus