Chaos met skoolplasings

Gefrustreerde ouers het Vrydag tou gestaan vir antwoorde oor hulle kinders se skoolplasing vir volgende jaar.

PRETORIA - Duisende ouers het Vrydag voor die Departement van Onderwys se distrikskantore in Gauteng gewag vir antwoorde oor waar hulle kinders volgende jaar gaan skoolgaan.

Almal wat die aanlyn plasingstelsel gebruik het om aansoek te doen, was veronderstel om teen Donderdag 'n SMS van die departement te ontvang.

Maar teen Vrydagoggend het 21% van dié kinders nog nie plek gehad vir volgende jaar in 'n skool in dié provinsie nie.

Onderwys-LUR Panyaza Lesufi het ouers probeer gerus stel.

Source
eNuus