Chester praat oor boetiekbier, Bokspan

Chester Williams sê sy boetiekbier is geskik vir die oorsese mark, maar hy dien terselfdertyd plaaslike gemeenskappe.

STELLENBOSCH - Armoede en drankmisbruik loop dikwels hand aan hand, maar die oud-Springbok Chester Williams sê dit hoef nie die geval te wees nie.

Hy het 'n boetiekbierreeks bekend gestel, en sê die wins gaan aan minderbevoorregtes.

En by dié geleentheid het hy eNuus sommer ook vertel wat hy dink van die Bokke se kans in die komende Wêreldbeker in Japan.

Source
eNuus