China stel SA gerus

PRETORIA - 361 mense is reeds aan die corona-virus dood.

Moontlike gevalle is in sewe Afrikalande aangemeld, waaronder Botswana en Namibië, maar geen gevalle is nog daar bevestig nie.

Die Chinese ambassadeur in Suid-Afrika, Lin Songtian, sê wêreldwyd is daar meer as 17 000 gevalle bevestig en meer as 20 000 moontlike gevalle van dié virus word ondersoek.

Die virus is by geen Suid-Afrikaners wat in China woon of studeer, gediagnoseer nie en daar is ook geen plaaslike gevalle nie.

Die Chinese ambassadeur in Suid-Afrika is optimisties dat hulle die verspreiding van die corona-virus na Afrikalande kan bekamp