Corona-virus speel rol in petrolprys

JOHANNESBURG - Die departement van energie skryf die jongste daling in die petrol- en dieselprys toe aan die versterking van die rand in Januarie en 'n laer prys van Brent-ruolie.

Dit is te wyte aan 'n afname in die vraag na olie, weens reisbeperkings as gevolg van die uitbreking van die corona-virus. 

Kenners waarsku egter dat die verligting by die petrolpomp net 'n silwer randjie om 'n baie donker wolk is, wat tans oor die Suid-Afrikaanse ekonomie hang.
 

Tydelike verligting vir motoriste, maar die bietjie goeie nuus is van korte duur