COVID-19 knak besighede

CULLINAN - Cullinan is een van Gauteng se gewildste toeristedorpe, maar die corona-virus het besighede erg geknou.

90% van die besprekings by sommige restaurante en besighede is gekanselleer. Dit beteken dat eienaars die salarisse van permanente werkers met 60% moes sny. 

Dagwerkers sit nou sonder 'n werk. Hulle is radeloos want die regering het nie fondse beskikbaar gemaak vir sulke werkers nie.
 

Ondernemings in Cullinan doen 90% minder sake as voorheen weens die corona-virus

Source
eNuus