Covid-19-pandemie tref Suid-Afrikaners hard

Skuldberadingsfirma se peiling bevind dat Covid-19-pandemie minstens 85% Suid-Afrikaners finansieel of emosioneel raak

PRETORIA - ’n Peiling wat deur ’n skuldberadingsfirma gedoen is, skets ’n donker prentjie van die finansiële en emosionele impak wat die Covid-19-pandemie en die inperking op Suid-Afrikaners het. Debt Rescue het bevind dat 45 persent van die net meer as ’n duisend deelnemers aan die peiling tydens die grendeltyd afgelê is of verminderde salarisse moes aanvaar. Die maatskappy se uitvoerende hoof, Neil Roets, waarsku boonop dat die ekonomie minstens vir die volgende drie jaar gaan noustrop trek. 

Source
eNuus