“Daar is niks om voor bang te wees nie”

Wetenskaplikes verduidelik wat die beeld van 'n massiewe swartgat in ons sterrestelsel so besonders maak.

Die eerste beeld van die supermassiewe gravitasiekolk in ons sterrestelsel is uiteindelik bekendgestel.

Die beeld is deur die Event Horison Telescope-samewerkingsgroep geproduseer.

Hulle noem dié swartgat Sagittarius A*.

Dieselfde wetenskaplikes het ook in 2019 geskiedenis gemaak toe hulle die heel eerste beeld van 'n gravitasiekolk, M-87*, in die sterrestelsel Messier 87 bekend gemaak het.

Twee navorsers van die Universiteit van die Witwatersrand, Roger Deane en Iniyan Natarajan, was deel van die groep.

Source
eNuus

Paid Content