“Danny was ’n brugbouer”

Die Afrikaanse taal- en kultuurman Danny Titus het gesterf na hy twee maande in 'n koma was.

Vriende en oudkollegas beskryf Danny Titus as iemand wat 'n leidende rol in die Afrikaanse gemeenskap gespeel het en brûe tussen Suid-Afrikaners van verskillende kulture gebou het.

Titus is Vrydagaand in die ouderdom van 63 dood.

Hy word oorleef deur sy twee dogters, Dalene en Nariska. Sy vrou, Lynda, is in 2013 aan kanker dood.

Source
eNuus