Dawid-teen-Goliat-stryd oor naam van hamburger

Muammer Kasu was van kleins af lief vir kosmaak en sê sy "smash burger" is al lank op die spyskaart.

KAAPSTAD - 'n Kosstalletjie-eienaar, Muammer Kasu, het die kitskosrestaurantgroep RocoMamas aangedurf.

Dit nadat dié maatskappy vir hom 'n prokureursbrief gestuur het omdat hy glo hulle handelsmerk "Smash Burger" onregmatig gebruik het.

Verteenwoordigers van RocoMamas en Kasu het sedertdien 'n vergadering gehou.

Maar hy is nie tevrede met 'n verklaring wat die restaurantgroep daarna uitgereik het nie.

Source
eNuus

Paid Content