DBV pleit: Neem eerder ’n troeteldier aan

Daar is 'n groot toename in wees troeteldiere omdat hulle eienaars nie meer na hulle kan omsien nie.

Die Dierebeskermingsvereniging pleit by mense om troeteldiere aan te neem en nie te koop nie.

Die DBV sukkel om kop bo water te hou met die getal katte en honde wat na hulle gebring word omdat eienaars dit nie meer kan bekostig om na hulle om te sien nie.

Volgens dié nieregeringsorganisasie is die situasie 'n landwye probleem.

Source
eNuus