DBV red beseerde wilde diere na brand in Kaapstad

Die DBV doen 'n beroep op mense om vlak bakke met water in hul tuine te los vir dors diere wat uit die berg in die woonbuurte in gevlug het.

KAAPSTAD - Die verwoestende brand wat Sondag in Kaapstad uitgebreek het, is teen Dinsdag in bedwang gebring.

Die Dierebeskermingsvereniging het reeds begin om wilde diere in die Tafelberg Nasionale Park wat in die brand beseer is, te red.

Wees gewaarsku dat die inhoud en beeldmateriaal van hierdie berig sommige kykers kan ontstel.

Source
eNuus

Paid Content