DBV veroordeel verfbalgebruik op bobbejane

Die DBV het bewyse ontvang dat verfbalgewere bobbejane dikwels in die gesig tref en hulle ernstig beseer.

KAAPSTAD - Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings sê die gebruik van verfbalgewere om bobbejane weg te dryf is “onmenslik”.

Die raad het sy ondersteuning vir dié metode van bobbejaanbestuur pas onttrek.

Bobbejane word al vir jare lank met verfballe van woonbuurte af weggedryf as deel van die Stad Kaapstad se bobbejaanbestuurprogram.

Die DBV kan egter nie enige party verhoed om die metode te gebruik nie, en die Stad Kaapstad en Cape Nature is nie gewillig om dadelik saam te werk nie.

Source
eNuus

Paid Content