“Die Boesmanland lyk verskriklik erg”

Die organisasie Droogtehulp ry weekliks voer aan na droë dele van die land.

HERMON - Wes-Kaapse boere wat tot onlangs nog onder die droogte gely het, help nou medelandbouers in ander dele van die land wat steeds daaronder gebuk gaan.

Boere van die Swartland het vanjaar ‘n goeie reënvalseisoen gehad en het saam met die organisasie Droogtehulp voer en ander benodigdhede ingesamel.

Dit is twee jaar gelede in die Wes-Kaap gestig en vandag help hulle boere landwyd.

Source
eNuus