“Die ondersoek is opgemors”

Fernando Isaacs sou vandag in die Parow-streekhof verskyn het op aanklag van die moord op die 31-jarige Lauren Dryden.

KAAPSTAD - Die familie van 'n jong ma van Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte is geskok en hartseer oor die vrylating van die man wat aanvanklik van haar moord aangekla is.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het aan eNuus bevestig die moordsaak teen Fernando Isaacs is drie weke gelede stilweg teruggetrek weens probleme met die polisie-ondersoek.

Lauren Dryden se familie eis nou dat geregtigheid moet geskied.

Source
eNuus

Paid Content