Die Tuinroete se wild kry swaar tydens grendeltyd

Die natuur in die Tuinroete herstel nie so vinnig tydens grendeltydperk nie. 

PLETTENBERGBAAI – Dit is ’n wanpersepsie dat die natuur herstel het in die grendeltydperk toe mense in hulle huise geskuil het.

Toevlugsoorde vir wilde diere het hulle hande vol gehad met die dat meer honger mense uit desperaatheid op wilde diere jag gemaak het. 

Boonop het hulle geen inkomste van toeriste gehad nie en die regering se Covid-19-fondse was nie vir hulle beskore nie. 

Die nie-winsgewende organisasies kon nie aansoek doen vir die verligting waarvoor ander toerisme-organisasies kon nie. 
 

Source
eNuus