Dis g’n stofwolk

Reuseswerms sprinkane laat boere in drie provinsies bontstaan.

COLESBERG, 6 Januarie - Hordes sprinkane wat oor groot dele van die Noord-, Oos- en Wes-Kaap trek, is nie net 'n kopseer vir boere nie, maar kan ook 'n gevaar vir padgebruikers inhou.

Talle video's van die swerms is die afgelope paar weke op sosiale media gedeel.

Agri Noord-Kaap sê dis een van die grootste uitbrekings in 'n lang tyd.

Mense wat die swerms teëkom, word gevra om Agri SA of die departement van landbou in die betrokke provinsie in kennis te stel.

Die beeldmateriaal in hierdie insetsel is deur Agri Noord-Kaap en kykers aan eNuus gestuur.

Source
eNuus

Paid Content