Dorp verloor miljoene

Oudtshoorn se ekonomie steier onder die kansellasie van die KKNK en die inperking wat voorlê.

OUDTSHOORN - Die staat van inperking gaan Oudtshoorn moontlik dubbel so hard tref soos die meeste ander dorpe.

Dié dorp herstel nog van die kansellasie van die KKNK.

Volgens een studie dra die fees jaarliks R65-miljoen tot Oudtshoorn se ekonomie by.

Inwoners beskryf die kansellasie van die fees as 'n ramp.

Nou moet die dorp, wat hoofsaaklik van toerisme afhanklik is, boonop voorberei vir nog 'n terugslag. 

Source
eNuus