“Dosyne slagoffers”

"Ek het geen begeerte om face to face met Willem Breytenbach te kom nie, ek het niks vir hom te sê wat ek nie reeds in die podcasts aan hom gesê het nie.”

Dit het skokgolwe deur die land gestuur toe 'n kopieskrywer onlangs in 'n reeks podsendings gesê het hy is meer as twee dekades gelede seksueel aangerand deur 'n oudonderwyser en voormalige werknemer van Media 24.

Deon Wiggett, wat na homself as 'n oorlewende van seksuele misbruik verwys, sê geregtigheid moet geskied sodat ander jong mans nie ook Willem Breytenbach se prooi word nie.

In vier aflewerings van die reeks genaamd "My Only Story" het ander mans wat glo ook deur Breytenbach  gemolesteer is, onder skuilname na vore gekom.

Wiggett en verskeie ander het 'n saak by die polisie aanhangig gemaak, wat nou ondersoek word.

Hy het Vrydag in sy eerste televisieonderhoud eNuus se vrae beantwoord.

Source
eNuus