Driepootskilpad kry wielietjiepoot

Met dié hotklou sal die bergskilpad Madrie nou maklik 'n haas in 'n resies kan aandurf.

PRETORIA, GAUTENG - 'n Driepootbergskilpad van Pretoria kan nou na hartelus haar omgewing verken nadat 'n spesiale plan vir haar beraam is.

Die vyfjarige skilpad het sonder 'n voorste linkerpoot uitgebroei kort nadat haar ma deur 'n motor raakgery is.

Die onderneming Animotion, wat in ortopediese stutte en prostese vir diere spesialiseer, het 'n pasgemaakte wielietjiepoot vir haar gebou.

Die skilpad is Madrie gedoop omdat sy drie pote het en hopelik ook eendag 'n ma sal word.

Source
eNuus

Paid Content