Droogte bring gemeenskap nader aan mekaar

"Save the Sheep" wil voorkom dat boere bakhand staan en van skenking tot skenking leef. 

SUTHERLAND - Die knellende droogte in die Sutherland-distrik in die Noord-Kaap het mense in dié gemeenskap vir mekaar leer omgee.

Só sê boere van dié omgewing wat hierdie week geskenkte voer en gesubsidieerde watertenks ontvang het.

Die skenkings word ingesamel en bestuur deur 'n nie-winsgewende organisasie genaamd "Save the Sheep".

Boere het dit begin as 'n bewusmakingsveldtog oor die droogte.

Dit het mettertyd ontwikkel tot 'n organisasie wat voltyds met droogtehulp besig is.

Source
eNuus