Droogtehulp vir Oos-Kaap

31 boere in die Oos-Kaap kry voer, water, kos en ander benodigdhede.

WOLWEFONTEIN - eNuus het Sondagaand berig oor die droogte wat dele van die Oos-Kaap al sewe jaar lank in 'n wurggreep het.

Vrywilligers van die nie-regeringsorganisasie, SA Water Warriors, het nou na die gemeenskap van Wolwefontein en omliggende gebiede uitgereik.

Duisende liter water en tonne mielies is aan boere en ander inwoners geskenk.

Source
eNuus

Paid Content