Danksy die projekte van die Motsepe-stigting en Agri SA gaan duisende permanente en seisoenswerkers hul werk behou, terwyl nóg 350 werksgeleenthede in Limpopo geskep word.
JOHANNESBURG, GAUTENG - Die miljardêrsakeman Patrice Motsepe se stigting het befondsing van nagenoeg R70 miljoen vir twee grootskaalse landbouprojekte gefasiliteer.
Die projekte is saam met die landbou-organisasie Agri SA van stapel gestuur.
Agri SA en die Motsepe-stigting fokus die afgelope paar jaar op die ontwikkeling van kommersiële projekte op gemeenskaplike grond in die voormalige tuislande.
Source
eNuus